Piet Karsten, bekende produsent van die Oranje rivier, het die eerste Suid-Afrikaanse
tafeldruiweprodusent geword wat meer as een miljoen kartonne uitvoerdruiwe in een seisoen
gepak het.
Die 1,4 miljoen kartonne wat vanjaar uitgevoer was,is geoes van 325 hektaar grond op die vyf plase:
Shelanu, Koekoeb, Roepersfontein, Yarona en Randeiland. Die Karsten groep het ‘n beskeie begin 28
jaar gelede gehad toe Piet Karten agt hektaar grond in Kanoneiland gekoop het. In die vroeë tagtigs
het hy Roepersfontein, wat net vyf kilometer van sy eerste plaas geleë is, gekoop. Later het hy
ook grond tussen Kakamas en Keimoes en in Blouputs gekoop.
In 1985 het die plaas die eerste 500 kartonne druiwe vir uitvoer geproduseer en in 1990 het hulle ‘n
rekordoes gehad toe 100 000 kartonne uitgevoer is.
Twee ander plase, Klein Pella en Raap en Skraap, wat laer langs die Oranjerivier geleë is, het onlangs
ook deel van die Karsten Goep geword. Op Klein Pella, waar druiwe, dadels, spanspekke en waatlemoene verbou
word, is daar vanjaar vir die eerste keer 40 000 kartonne druiwe uitgevoer. Op Raap en Skraap is 140 hektaar
wingerd geplant en wanneer dit eers in produksie is, sal hierdie plase dit vir die Groep moontlik maak om die
produksie aansienlik te vermeerder en die vroeë druiwe mark te domineer.
Piet Karsten het sy plaas in 1993 in ‘n maakskappy getransformeer en werkers is die geleentheid gebied
om aandele in die maaskappy te koop. Piet is die besturende direkteur en sy vrou Babsie is ‘n direkteur.
Op die oomblik het 389 van die werkers aandele in die maatskappy.Die Karsten Groep het op die oomblik 1200
permanente werkers en omtrent 1300 seisoenale werkers in diens. Elke plaaseenheidbestuurder en sy span is
verantwoordelik vir die beplanning en die bestuur van die eenheid asook vir hul bydrae tot die aktiwiteite
van die Groep.
Piet glo dat deelnemende bestuur tot die sukses van die maatskappy bydra.
|