Articles from publications

Piet Karsten is SA se Boer van die Jaar
Landbouskrywers foto 2
Porf. Ben Cousins, mnr. Piet Karsten en me. Gugu Mlhipa.
Foto: Johan Norval Landbou / Nuus /

Piet Karsten is SA se Boer van die Jaar
Deur Jan Bezuidenhout
16 November 2015

Die Boer van die Jaar-toekenning is in Stellenbosch aan mnr. Piet Karsten van die Karsten Boerdery in die Noord-Kaap oorhandig.
Mnr. Piet Karsten van die Karsten Groep in die Noord-Kaap, die grootste private tafeldruif- en dadelprodusent en -uitvoerder in Suid-Afrika, is as Landbouskrywers SA se Nasionale Boer van die Jaar vir 2015 aangewys.
Dié toekenning is op ‘n dinee buite Stellenbosch aan Karsten oorhandig. Prof. Ben Cousins van die Universiteit van die Wes-Kaap is as Landboukundige van die Jaar bekroon en die Nuwe Toetreder tot Kommersiële Boerdery is me. Gugu Mlhipa van Gauteng.
Op Landbouskrywers SA se jaarlikse toekennings het voorsitter Magda du Toit het gesê Suid-Afrika is bevoorreg om boere en landboukundiges van hierdie kaliber, wat die landbousektor te dien, te hê.
“Dit is die 38ste agtereenvolgende jaar wat ons vereniging hierdie toekennings maak, en weer was ons in verwondering oor die kandidate. Ons bedank ons borge, Santam Landbou en Absa Agribesigheid, vir hul volgehoue ondersteuning. ”
Die Karsten Groep het ‘n globale voetspoor met takke in die Noord-en Wes-Kaap, die Midde-Ooste en die Verenigde Koninkryk. Die groep het onlangs ook aandele verkry in ‘n vrugteverpakkingsonderneming in Nederland.
Die boerdery het tans sowat 4000 ha onder besproeiing, verskaf werk aan 6000 mense, en sy stoeterye word op sowat 25 000 ha bedryf.